Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 24 Maart 2021 Pieter de Klerk | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:48

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk.

 Sondag 21 Maart 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:55

Lees: Psalm 135. Fokus: Psalm 135:5-7. Die Here is soewerein. Psalm 135 is ‘n loflied wat blykbaar by een van die groot feeste by die tempel voorgedra is. In hierdie Psalm word die Here nie geloof omdat Hy in beheer is nie, maar omdat Hy vrymagtig of soewerein is. 1. Regering deur die uitoefening van beheer: Beheer misken die wil en keuses van ander en erken slegs die wil van die een wat die beheer uitoefen. 2. Regering deur die uitoefening van soewereine outoriteit: Soewereine outoriteit impliseer absolute eienaarskap oor die wat regeer word, maar erken wel die wil en keuses van mense. Die Here gebruik sy soewereine outoriteit en krag om redding vir ons te bring en goed te doen (v8 ev). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Kan ons God kwalik neem vir alles wat op aarde gebeur omdat Hy in beheer is? Wat is die verskil tussen regering deur die uitoefening van beheer, en regering deur die uitoefening van soewereine outoriteit? Wat is die verskil tussen “mag” en “outoriteit”? Wat behels God se regering deur die uitoefening van sy soewereine outoriteit?

 Woensdag 17 Maart 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:55

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 2).

 Sondag 14 Maart 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:52:55

Lees: Dan 3:1-30. Fokus: Dan 3:16-18. God se plek van bonatuurlike genade. Aangesien God by ons is, kan enige plek ‘n plek van God se bonatuurlike genade wees. Vertrou God of jy ‘n wonderwerk ontvang of nie – want Hy weet beter! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waar is die plek van God se bonatuurlike genade in jou lewe? Hoekom kan die diepste beproewing die plek van God se bonatuurlike genade wees? Wat is die regte gesindheid om God se bonatuurlike genade te ontvang?

 Sondag 7 Maart 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:20

Lees: Hand 2:37- 47. Fokus: Hand 2:43. Kenmerke van ‘n waardige gemeente waarby Christus gereddes voeg. ‘n Gemeente wat eerstens ‘n ware liefdesgemeenskap vorm deur die inwonende werking van die Heilige Gees met sy vrug. ‘n Gemeente waarin wonders en tekens plaasvind deur die bemagtigende werking van die Heilige Gees met sy gawes. Redes waarom wonders en tekens (Hand 2:43) baie keer in gemeentes geïgnoreer word: (1)Wonders en tekens word slegs gesien as die bewys van Christus se Godheid en om suiwere doktrines te vestig; (2)Beweging weg van ‘n geestelike oorlogsvoering wêreldbeskouing na ‘n bloudruk wêreldbeskouing. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die eienskappe van die Hand 2 gemeente wat hulle waardig gemaak het om daagliks te groei met nuwe lidmate? Wat is die implikasie as wonders en tekens slegs gesien word as die bewys van Christus se Godheid en om suiwere doktrines te vestig? Wat is die implikasie van ‘n “bloudruk” wêreldbeskouing vir wonders en tekens in ‘n gemeente vandag?

 Sondag 28 Februarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:42

Lees: Hand 2:37- 47 Fokus: Hand 2:42-47 Christus voeg gereddes by die ware liefdesgemeenskap van gelowiges. 1. Christus se reddende optrede vandag. Die boek Handelinge beskryf die handelinge van die opgestane en verhoogde Here Jesus Christus dmv sy apostels en dienaars. Aan die einde van Handelinge staan daar nie “amen” nie want Christus se handelinge gaan vandag nog steeds voort dmv sy dienaars wat gelei word deur sy Gees. Christus voeg vandag nog sy kosbare gereddes by sy gemeente. 2. Is ons waardig dat Christus sy gereddes aan ons kan toevertrou? Vyf fasette van gesonde gemeentegroei: liefdesgemeenskap, dissipelskap, prys en aanbidding, dienswerk en evangelisasie. Die Hand 2 gemeente het soos volg prakties uitvoer gegee aan hierdie 5 fasette van gesonde kerkgroei: hulle het bymekaar gekom in die groot groep by die tempel en hulle het bymekaar gekom in kleiner huisgroepe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe het Christus jou al gebruik in sy handelinge om sondaars te red? Wat is die eienskappe van die Hand 2 gemeente wat hulle waardig gemaak het om daagliks te groei met nuwe lidmate? Wat is Christus se groot gebod (Mat 22:36-40) en groot opdrag (Mat 28:18-20) aan sy kerk? Op watter praktiese maniere kan ons uitvoering gee aan die verskillende fasette van gesonde kerkgroei volgens Hand 2:46?

 Woensdag 10 Maart 2021 Jacques Moolman | File Type: audio/x-m4a | Duration: 00:06:05

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Lukas 10 v 38-42.

 Woensdag 3 Maart 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:36

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 1).

 Woensdag 24 Februarie 2021 Gert van Straaten | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:57

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten.

 Sondag 21 Februarie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:28:54

Lees: 1 Kor 2:12 – 3:8 (OAV). Fokus: 1 Kor 2:14 – 3:3. God herskep ons sodat ons moet lewe volgens die Gees. 1. God se herskeppingswerk in ons lewe. Die natuurlike mens: is geestelik dood en leef totaal in die vlees. Die geestelike mens: is geestelik lewendig en laat hom lei deur die Heilige Gees 2. Lewe volgens die Gees en nie volgens die vlees nie. Die vleeslike mens: is geestelik lewendig maar lewe nog dikwels volgens die vlees. Dit is ons verantwoordelikheid om daagliks vleeslike gewoontes te kruisig en te lewe volgens die Gees. Bedink Geestelike dinge (Rom 8:5,6). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Gee ‘n beskrywing van die natuurlike-, geestelike- en vleeslike-mens. Wat is die ooreenskomste en verskil tussen die geestelike- en vleeslike-mens? Hoe groei jy van ‘n vleeslike- tot ‘n geestelike-mens? (Rom 8: 5, 6 en Rom 12: 2) Video van die hele diens beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=uI73tBtNKqc

 Woensdag 17 Februarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:17

n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (deel 1).

 Woensdag 10 Februarie 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:40

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.

 Sondag 7 Februarie 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:25:20

Lees: Rigters 6 Lesse wat Gideon se geskiedenis ons leer Identiteit: “Die Here is met jou, dapper kryger” (vers 12) Twyfel: vers 15, 17 en ander Neem aksie in geloof: 300 man Leef in stap met die Here waar jy sy stem hoor Lei so ‘n vervulde lewe

 Woensdag 3 Februarie 2021 Pieter de Klerk | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:10:11

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk uit Numeri 20: 1 - 13.

 Sondag 31 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:23

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:6-10 (OAV). Bergbron visie: Dissipelskap begin by die verstaan en glo wie jy alreeds is in Christus. Drie vlakke van dissipelskap: Vlak 1 identiteit in Christus (vers 10); vlak 2 groei in Christus (vers 7); vlak 3 wandel in Christus (vers 6). Ons dink baie keer dat as ons mense se dade verander, ons hulle lewens kan verander. Dit is ‘n leuen want jou identiteit (wie jy is) bepaal wat jy doen en nie andersom nie. Christus het jou weer ‘n heel en vol persoon gemaak deur sy versoening aan die kruis. In Christus is jy weer kind van God wat in ‘n noue verhouding met God staan soos in die paradys. Moenie toelaat dat Satan se aanklagte op wat jy doen, invloed uitoefen op jou siening van wie jy is nie. Jy misluk – so jy sien jouself as ‘n mislukking en dit veroorsaak dat jy net meer misluk. Laat jou identiteit in Christus(jy is ‘n beelddraer en kind van God) bepaal wat jy doen! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen? Wat is die behoefte van elke vlak van dissipelskap om te kan beweeg na die volgende vlak? Word jou identiteit (wie jy is) bepaal deur wat jy doen, of word wat jy doen bepaal deur wie jy is? Wat beteken: “en julle het die volheid in Hom” (vers 10)?

Comments

Login or signup comment.