Sondag 23 Februarie 2020 Hendrik van Deventer

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Hendrik van Deventer is Missionêr- en Jeugleraar by Gereformeerde Kerk Linden

Die Groot Uitnodiging : MATTEUS 22
Die gaste word genooi:
Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het
3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

Die Koning stuur SY diensknegte uit:

9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie.

Die Keiser se munt

20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?
21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

Die groot gebod.

37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.