Solidariteit Radio show

Solidariteit Radio

Summary: Lindie vertel elke Maandag stories van hoop. By Solidariteit se maatskaplike inisiatief, Solidariteit Helpende Hand is ons nie net téén dinge soos kindermishandeling, armoede en nood nie. Ons is vír praktiese oplossings vir hierdie probleme. Vír liefde en hande vat. Op Dinsdagforum begin elke program met 'n kekkel en 'n bulk. Kallie en Alana verteenwoordig AfriForum, die burgerregte-inisiatief van Solidariteit, elke Dinsdag op Solidariteit Radio. Maak jy dié burgerregte-aktiviste die hoenders in of doen jy 'n dapper ding, staan Kallie en Alana elke week op DinsdagForum reg om vir jou die nodige erkenning te gee! Carina Roos is die aanbieder van Wêreldwyd op Woensdag. Die program fokus op Suid-Afrikaners in die buiteland en bring elke Woensdag vir jou die mooi van Afrikaans, kultuur en Suid-Afrika. Dirk Hermann deel elke week 'n paar warm Solidariteit-sake: 'n persoonlikheid van die week en 'n regsvraag. Harde Solidariteit-nuus vind hiér ook 'n platvorm - die program is immers nie verniet op Donderdae nie. Daarom laat val Dirk ook weekliks 'n bom van die week. Perspektief is 'n kontroversiële, ondersoekende nuusprogram waar daar oor aktuele kwessies baklei word, met kenners gedebatteer word en waar swak dienslewering aan die kaak gestel word. Luister na die frustrasies en verskynsels wat ons alledaagse lewe raak. Die program bevat ook interessante insetsels, soos Chalize Moran se Fokus op die Afrikaanse taal, Magdaleen Kleynhans se Fokus op opvoedkunde en onderwys. In Solidariteit is 'n program wat 'n opsomming gee van die week se gebeure in Solidariteit. Hierdie program sal ook weekliks op ander gemeenskapsradiostasies uitgesaai word.

Join Now to Subscribe to this Podcast

Podcasts:

 Fokus: Regstellende aksie | File Type: audio/mpeg | Duration: 27:48

Flip Buys en Dirk Groenewald gesels oor regstellende aksie.

 Bobaas beroepe | File Type: audio/mpeg | Duration: 9:50

Karin Venter vind meer uit oor ʼn studierigting in Verbruikerswetenskappe.

 Inspirasie | File Type: audio/mpeg | Duration: 2:11

Johan Beukes gee 'n bietjie inspirasie.

 Onderhoud van die week | File Type: audio/mpeg | Duration: 13:33

Juanita gesels met Surika van Schalkwyk van Helpende Hand oor die 110 Doen Goed projekte veldtog.

 Onderhoud van die week | File Type: audio/mpeg | Duration: 9:04

Juanita gesels met Vena Strauss van Helpende Hand oor die 110 Doen Goed projekte veldtog.

 Program van hoop | File Type: audio/mpeg | Duration: 29:06

In Junie het ons gefokus op goed-doen om saam te val met Solidariteit se 110 Doen Goed projekte veldtog. In vandag se program gesels ons met Vena Strauss en Surika van Schalkwyk van Helpende Hand oor die 110 Doen Goed projekte veldtog; projekte van ons Moreletta Park-tak en Karin Venter vind meer uit oor ʼn studierigting in Verbruikerswetenskappe.

 DinsdagForum | File Type: audio/mpeg | Duration: Unknown

Luister na hierdie week se aflewering van DinsdagForum met Alana Bailie.

 Onderhoud van die week | File Type: audio/mpeg | Duration: 38:09

Ons gesels met al tien ons streeksorganiseerders om te hoor wat die mense in hulle gemeenskappe gaan aanvang om goed te doen.

 Inspirasie | File Type: audio/mpeg | Duration: 3:11

Johan Beukes gee 'n bietjie inspirasie.

 Bobaas beroepe 2012-06-18 | File Type: audio/mpeg | Duration: 8:10

Karin Venter gesels met 'n student wat ook voltyds werk oor die uitdagings waarmee sy te doen kry.

 Program van hoop | File Type: audio/mpeg | Duration: 52:51

Juanita du Preez gesels met al tien van Helpende Hand se streeksorganiseerders om te hoor wat die mense in hulle gemeenskappe gaan aanvang om goed te doen.  Karin Venter gesels met 'n student wat ook voltyds werk oor die uitdagings waarmee sy te doen kry, en Johan Beukes gee bietjie inspirasie.

 Van toeka tot nou | File Type: audio/mpeg | Duration: 1:34

Alana Bailie kyk terug in die geskiedenis en leer ons ook 'n nuwe woord.

 Groensake | File Type: audio/mpeg | Duration: 2:58

Jy kan in die toekoms vervolg word as jy rommel strooi.  Julius Kleynhans vertel meer.

 Gemeenskapsveiligheid | File Type: audio/mpeg | Duration: 3:03

Nantes Kelder vertel meer oor die nuutste verwikkelinge rondom die Mdluli aangeleentheid.

 Gemeenskapsake | File Type: audio/mpeg | Duration: 4:16

Cornelius Jansen van Rensburg vertel meer oor die  grondbesetters van Wallmannsthal se laaste poging om 'n uitsettingsbevel te stop.

Comments

Login or signup comment.